Kakie

#C3B091
Polisiemanne in Indië in hulle kakiegekleurde uniforms.

Kakie is 'n bruinerige aardse kleur. Die woord kakie is afgelei van Hindoestanies (wat opsigself vanaf die Persiese woord khak afgelei is), wat "stowwerig" beteken. Die kleur word algemeen deur weermagte reg oor die wêreld gebruik vir uniforms en kamoeflering. Kakie gekleurde uniforms was byvoorbeeld deur die Britse magte tydens die Anglo-Boereoorlog gedra.

Die eerste opgetekende gebruik van kakie as 'n kleurnaam in Engels was in 1848.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search